Die Tweede Trump

By: Suzaan Steyn
  • Summary

  • Die Tweede Trump is 'n potgooi wat dieper delf in hoe Donald Trump se tweede termyn die wêreld kan verander. Aangebied deur Suzaan Steyn.
    Suzaan Steyn
    Show More Show Less
Episodes
  • Epi 5: Elon Musk ♥️ Trump
    Feb 27 2025
    Hulle eerste gesamentlike onderhoud op Fox News, en Donald Trump en Elon Musk kan mekaar nie genoeg bewonder nie. Hulle bevestig hulle verbintenis tot samewerking, beloof om korrupsie in die regering uit te roei en Amerikaanse belastingbetalers miljoene dollars te spaar: Suzaan en Appel is skepties. Met Trump se rekord, wat is die kans dat dié nuwe liefde twee groot ego’s gaan oorleef? En belangriker, wat gaan Musk se werklike invloed op die Amerikaanse regering wees? Hoor ons hier geluide van staatskaping? Luister na episode 5 van die Tweede Trump en laat weet wat jy dink.
    Show More Show Less
    19 mins
  • Epi 4: Trump en die Afrikaner
    Feb 10 2025
    In Die Tweede Trump duik Suzaan Steyn diep in die vraag wat al hoe meer Afrikaners fluister: Kan ons asiel in Amerika kry? En as jy kan—hoe presies werk dit? Met die 2024-verkiesing agter die rug, en Donald Trump wat sy tweede termyn beplan, ondersoek ons hoe sy immigrasiebeleid dalk 'n reddingsboei (of 'n dooie end) vir Suid-Afrikaanse aansoekers kan wees. Hoe baie van die skuld vir hierdie situasie moet voor AfriForum se deur gelê word? Het hul retoriek dinge vir Afrikaners makliker of moeiliker gemaak? En wat beteken Trump se voortdurende botsing met Cyril Ramaphosa vir Suid-Afrika se toekoms? Die Tweede Trump is jou gids tot 'n vraag wat al hoe minder teoreties raak: Bly of gly?
    Show More Show Less
    23 mins
  • Trump, Musk en Immigrasie
    Feb 5 2025
    Die Tweede Trump is 'n podcast aangebied deur Suzaan Steyn. In hierdie episode kyk ons na Trump se immigrasiebeleid, die konflik rondom Musk se publieke uitlatings oor die H-1B visums en sy standpunte oor immigrasie. Luister hoe Suzaan die politieke en ekonomiese ramifikasies van Musk se aksies ontrafel, terwyl sy die groter prentjie van Amerikaanse arbeid en mobiliteit deurdink.
    Show More Show Less
    16 mins

What listeners say about Die Tweede Trump

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.