Op pad na Moormansgat [On the Road to Moormansgat]
Die verhaal van Billy Foster en Koos de la Rey [The Story of Billy Foster and Koos de la Rey]
Failed to add items
Add to basket failed.
Add to wishlist failed.
Remove from wishlist failed.
Adding to library failed
Follow podcast failed
Unfollow podcast failed
£0.00 for first 30 days
Buy Now for £16.99
No valid payment method on file.
We are sorry. We are not allowed to sell this product with the selected payment method
-
Narrated by:
-
André Weideman
-
By:
-
Chris Karsten
About this listen
’n Epiese geskiedkundige roman deur die bekroonde skrywer Chris Karsten. In die kleine handel dit oor die tragiese gebeure een aand in 1914 toe die Boeregeneraal Koos de la Rey op pad na ’n beplande rebellie noodlottig gewond is. Die teiken was die berugte bendelid William Foster, op vrye voet iewers in die wye Johannesburg. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit?
Op pad na Moormansgat is een groot, verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word, oor dekades heen en uit alle lae van die samelewing. Dis die storie en nalatenskap van Billy Foster se dogter, Helena, op soek na haar herkoms; dis die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns, op soek na die gewetenlose moordenaars wat ’n driejarige seuntjie se familie eensklaps uitgewis het, en die moontlikheid dat die aanvallige jong vrou Helena aandadig aan die moorde kon wees.
’n Merkwaardige en veelvlakkige geskiedkundige roman, ’n hoogtepunt nie net in Chris Karsten se oeuvre nie, maar ook in die Afrikaanse letterkunde.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.
©2022 Chris Karsten (P)2023 Human & RousseauWhat listeners say about Op pad na Moormansgat [On the Road to Moormansgat]
Average customer ratingsReviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.
-
Overall
-
Performance
-
Story
- Anonymous User
- 22-09-24
Afrikaanse geskiedenis uitgebeeld
Die Afrikaner se geskiedenis word boeiend hier vasgevang en die leser kan lekker die prentjie saamsit van hoe ding verloop het van 1899 tot so 1944. Let wel dat die boek nie 'n maklike leesboek is nie. Daar is verskriklik baie karakters en die leser moet baie mooi kophou. Die skrywer is ook in die eerste paar hoofstukke pynlik gerig op die beskrywing van details, wat soms die leser se aandag verloor. Dis egter duidelik dat die skrywer baie deeglik navorsing gedoen het en baie intelligent is.
Something went wrong. Please try again in a few minutes.
You voted on this review!
You reported this review!